Wilde Diere: Gratis Aktiwiteite Vir Kleuters
Druk gerus hierdie lekker, gratis aktiwiteite uit vir 3 tot 5-jariges.
Junie 2020 – Week 1 Tema: Wilde Diere
Ons skop NetKids amptelik af in Junie 2020, en in ons eerste twee weke fokus ons op wilde diere.
Die NetKids-maatjies leer by Tannie Hoop van Einstein Hands van allerhande wilde diere, wat hulle name in Afrikaans en Engels is, en ook hoe ons ons hande gebruik om die diere se name te wys.
Deur die loop van die week leer ons ook meer oor wilde diere, deur middel van kuns, bewegings met ons lyfies, musiek, en oulike selfdoen-aktiwiteite.
Hier is ‘n oulike aktiwiteit wat jy gerus vir jou 3 tot 5-jariges kan uitdruk – hulle beïndruk jou dalk net met hulle kennis oor waar verskillende tipes diere se natuurlike habitat is!
Laai die aktiwiteit se PDF hier af:
Teken ook gerus in vir ons nuusbrief onderaan hierdie bladsy om seker te maak dat jy nie enige toekomstige aktiwiteite mis nie.