ONS BENADERING
Leerareas
Ons program is saamgestel om gebalanseerde, ouderdomsverwante ontwikkeling te ondersteun. Die sessies fokus deurentyd op een, of ‘n kombinasie, van die volgende leerareas:
- Kognitiewe ontwikkeling
- Visueel-perseptuele ontwikkeling
- Fyn en groot motoriese ontwikkeling
- Taal- en spraakontwikkeling
- Sosiale- en emosionele ontwikkeling
- Kreatiwiteit
- Ouditiewe ontwikkeling
Registreer
Hoe om jou kind by NetKids te registreer
Die proses is maklik en eenvoudig. Volg gerus die stappe wat volg, of kontak ons indien jy enige navrae het.
Bel Ons
Stuur 'n e-pos
01.
Vul HIER ons aanlyn registrasievorm in.
02.
Maak jou betaling om jou klasbesonderhede met alle inligting te ontvang.
03.
Skakel in by die aanlynklassies op jou gegewe tye en ontspan – jou kind is in goeie hande!
Ons Program
Groei-Areas
Ontwikkeling in die vroëe kinderjare kan in verskeie areas ingedeel word. Kinders benodig ter wille van balans deurlopende stimulasie en insette in elke area.
Kognitiewe Ontwikkeling
Hier fokus ons op die kind se vermoë om te leer en te dink – vrae te vra, te konsentreer, probleme op te los, vergelykings te kan tref, sorteer en organiseer, onderskeid te tref tussen realiteit en fiksie, en om te kan redeneer.
Fyn- en Grootmotoriese Vaardighede
Jou kind se vermoë om klein spiertjies te gebruik, spesifiek om klein voorwerpe op te tel, vas te hou, en te manipuleer. Ons leer dan ook ook hom/haar vaardighede om groot spiere te gebruik, bv. om te huppel of bal te skop.
Spraak- en Taalontwikkeling
Jou kind se vermoë om taal te verstaan, dit te kan gebruik om effektief te kommunikeer, en te luister. Ons lê ook die fondasies vir lees en skryf.
Selfhelp- en Aanpassingsvaardighede
Kinders leer hoe om hulleself te help met take soos om aan te trek, hande te was, tande te borsel, ens. Hierdie vaardighede help ‘n kind om mettertyd meer selfstandig te funksioneer.
Sosiale- en Emosionele Ontwikkeling
Hier kyk ons na kinders se vermoëns om met ander oor die weg te kom, hulleself te kan help, en ook om selfbeheersing toe te kan pas.
Kreatiwiteit
Jou kind se vermoë om verskillende kleure, kleurvermenging, teksture ensomeer te herken en te gebruik tot ‘n skepping. Kreatiwiteit is goed vir linker- en regterbreinontwikkeling.
Dae Per Week
Ontwikkelings areas
Platform
Persent Toewyding
Kom Ons Gesels
Privaatheidsbeleid
Ons sal nooit enige inligting wat met ons gedeel word, gebruik vir enige iets anders as die doel waarmee dit met ons gedeel word nie. Ons sal geen inligting aan derdepartye bekend maak nie, en sal nooit jou inligting verkoop nie. Hierdie webwerf word beskerm deur 'n SSL-sertifikaat.