Ons Bak Saam: Maklike Soetmieliebrood
Slegs drie bestandele wat 1-2-3 saamgevoeg word – die ideale resep vir ouers en kinders om hulle bak-en-brou reis af te skop.
‘n Effense soet, varsgebakte brood wat onmiddelik almal se harte wen.
Hierdie is die broodresep waarvoor jy nog altyd gewag het – vinnig, maklik en absoluut heerlik!
Laai gerus hierdie resep af en bêre dit in jou NetKids-resepteboek. Die skakel is beskikbaar aan die einde van hierdie skrywe.
Kom ons spring sommer dadelik in:
Tyd: 1 uur
Oondtemperatuur: 180°C
Bestanddele:
1 blikkie geroomde soetmielies
1 blikkie kondensmelk
500 gram bruismeel
Metode:
1. Voorverhit die oond op 180°C.
2. Meng al die bestanddele saam in ‘n groot bak.
3. Gooi dan die mengsel in ‘n gesmeerde broodpan.
4. Bak vir 60 minute. Laat dit effens afkoel voordat jy dit probeer sny – en geniet!
Laai die PDF-weergawe van hierdie resep af:
Teken ook gerus in vir ons nuusbrief onderaan hierdie bladsy om seker te maak dat jy nie enige resepte mis nie.
Lekker bak, liewe lesers!
