Lekker idee’s vir Vadersdag
Hier is drie oulike idee’s vir Vadersdag wat jy gratis kan aflaai – kies jou gunsteling of help jou kinders om sommer al drie te maak. Die idee’s is vinnig en maklik uitvoerbaar, en gaan daardie Pappa se hart sommer WARM maak!
Hier is drie oulike idee’s wat die jonger kinders (met ‘n klein bietjie hulp) hierdie Vadersdag vir Pappa kan maak.
Idee 1: Lees deur die sinne (of parafraseer waar nodig), en vul jou kind se antwoorde in die gegewe spasies in. Skryf slegs neer wat hulle sê, sonder om ander antwoorde uit hulle te probeer paai. Skryf hom neer NET soos hy uitkom. Jare van nou af gaan julle die ietwat skewe antwoorde nóg meer geniet!
Idee 2: Druk die papier uit en vou dit dubbel om ‘n kaartjie te maak. Laat jou kind vir Pappa teken in die spasie (sodat die blou pyltjies na hom toe wys). Plak alternatiewelik ‘n foto van Pappa in die omraamde spasie. Skryf binne-in die kaartjie ‘n boodskap van jou kind af (ideaal as jou kind vir jou sê presies wat daar moet staan, of hoekom hulle vir Pappa lief is).
Idee 3: Hierdie een vat ‘n klein bietjie meer tyd, maar die resultaat is oulik verby! Druk die prentjie uit op wit papier (karton werk lekkerder, maar gewone papier is heeltemal voldoende). Jou kind kan dit inkleur, of julle kan dit los soos dit is. Knip dan al langs die lyntjies uit. Vou al langs die donkergrys lyne, smeer gom op die liggrys panele, en plak die boksie aan mekaar. Gooi ‘n paar lekker bederfdinge in die boksie, voordat jy die geel panele ook invou om die boksie toe te maak.

Laai die PDF gratis hier onder af, en geniet die projekkies!
Laai die Vadersdag-idee's hier af:
Teken ook gerus in vir ons nuusbrief onderaan hierdie bladsy om seker te maak dat jy nie enige toekomstige kunsaktiwiteite mis nie.