Enige Vrae?

Kontak Ons

Kantoorure

Maandag – Vrydag: 8am – 4pm

Stuur ‘n Boodskap

15 + 8 =

ENIGE VRAE?

Vra gerus!

Kyk gerus of jy die antwoord in hierdie afdeling kan vind. Indien nie is ons altyd gereed om jou vrae te beantwoord – stuur sommer dadelik vir ons span ‘n e-pos met jou vraag.

Wat as ek meer as een kind wil inskryf?

Elke ouderdomsgroep se sessie word in ‘n unieke tydgleuf aangebied. Indien jy dus twee kinders van dieselfde ouderdom het, sal hulle dieselfde aanlyn les kyk, en betaal jy dus net vir een. Indien jy ‘n kind van 3 jaar, en ‘n kind van 5 jaar het, sal jy moet inteken vir elke ouderdomsgroep se verwante tydgleuf, en betaal jy vir twee subskripsies.

Wat is die kostes aan NetKids verbonde?
Daar is tans drie opsies:
 
Opsie 1: Teken vir slegs een maand in. Kostes beloop R350, en sluit ‘n R50 adminfooi in.
 
Opsie 2: Teken vir 6 maande, en betaal per maand d.m.v. ‘n aftrekorder. Kostes beloop R300 per maand, en ‘n addisionele R50 adminfooi vir die eerste maand. Kanselleer enige tyd.
 
Opsie 3: Teken in vir 6 maande en betaal die volle bedrag vooruit. Kostes beloop R1650 en sluit ‘n R50 adminfooi in. Jy spaar dus R200.
Wat is die tydgleuwe vir elke ouderdomsgroep?
Die aanlyn sessies vir elke ouderdomsgroep vind elke weeksdag (Maandag tot Vrydag) op die volgende tye plaas:
• 3-4-Jariges: 10:00 – 10:30
• 5-Jariges: 11:00 – 11:30
Wat as my kind nie die aanlynsessie in die gegewe tydgleuf kan bywoon nie?

Ons verskaf dan met liefde vir jou ‘n skakel na die sessie se opname, en jou kind kan dit op ‘n gerieflike tyd besigtig.

Hoe skryf ek my kind in vir die program?

Gaan na die TEKEN IN-bladsy, en volg die instruksies.