Bepalings & Voorwaardes

Die Terme Van Ons Ooreenkoms
Hiermee die Terme en Voorwaardes van NetKids:
  • Sodra jy ‘n skakel en ‘n wagwoord van ons daaglikse klasse ontvang, is dit alleenlik vir jou kind se gebruik tot ons stelsel.
  • Jy dra die verantwoorlikheid dat jou kind op tyd volgens die klastye inskakel.
  • Maak asseblief seker dat jou kind alle skryfbehoeftes ens wat vir die spesifieke klasse gevra word het, en dat dit byderhand is sodra die klasse begin.
  • Ons stel voor dat jy jou TV, skootrekenaar, selfoon, of iPad so opstel dat jou kind gemaklik voor dit kan kyk, werk en rondbeweeg.
  • Indien ‘n kind seerkry vir welke redes by die huis tydens ‘n NetKids-klas, sal NetKids geen verantwoorlikheid daarvoor neem nie. Maak dus seker jou kind woon die aanlynklasse in ‘n veilige omgewing by.
  • Neem kennis dat ons nie assessering doen nie, maar slegs elke drie maande deelname-sertifikate uitreik.
  • Indien klasse gemis word kan ouers ‘n epos aan NetKids stuur by info@netkids.co.za, en ons sal ‘n skakel en ‘n wagwoord verskaf om na die opname van die betrokke klas te kyk.
  • Indien jy wil kanselleer op die maand pakket sal geen terugbetaling gemaak word nie. Jy verbeur dus die R300. Indien jy tydens die 6-maande pakket wil kanselleer, sal die voordeel van die R200 afslag wegval. Dit word dan van vorige maande verhaal word en die balans sal dan terugbetaal word.

Dae Per Week

Ontwikkelings areas

Platform

Persent Toewyding

Kom Ons Gesels

Ligging: George, Wes-Kaap, Suid-Afrika

Bel: +27 79 496 8496

E-pos: info@netkids.co.za 

 

Privaatheidsbeleid

Ons sal nooit enige inligting wat met ons gedeel word, gebruik vir enige iets anders as die doel waarmee dit met ons gedeel word nie. Ons sal geen inligting aan derdepartye bekend maak nie, en sal nooit jou inligting verkoop nie. Hierdie webwerf word beskerm deur 'n SSL-sertifikaat.