'n Aanlyn leerstasie vir kleuters 3 tot 6 jaar

Welkom by NetKids

Hier leer en ontwikkel kinders met die leiding van ervare, passievolle kundiges.

Ons geïntegreerde program dek al die noemenswaardige ontwikkelings-areas,

om mylpale op ‘n prettige manier te behaal en ouers se lading heelwat ligter te maak.

SKRYF IN

Hoekom NetKids?

Met die goolballe wat 2020 na ons kant toe geslinger het, sit ouers tans met ‘n byna onmoontlike situasie. Ons is besorgd oor ons kinders se stimulasie en groei. Ter selfde tyd het ons sóveel balle in die lug dat ons deurlopend voel ons haal nie die paal nie.

Kry by NetKids die hulp, bystand en die gemoedsrus wat jy benodig.

Voordele van ons aanlyngedrewe leerstasie:

  1. Speelgebasseerde aanlyn onderrig in Afrikaans, met ‘n Christelike grondslag
  2. Sessies word lewendig uitgesaai en is interaktief
  3. Opnames is beskikbaar vir kinders wat lesse mis
  4. Fokus op holistiese ontwikkeling (fisies, kognitief, emosioneel en sosiaal)
  5. Verlig druk op ouers om leerprogramme self te skep en te implementeer
  6. Koste-effektief teen slegs R300 per maand per kind
  7. Kinders leer in die gerief en veiligheid van hul eie huise
  8. Vyf unieke, stimulerende programme op een platvorm

Program

Die NetKids-program vind aanlyn plaas in die vorm van daaglikse interaktiewe sessies van sowat 30 minute elk. Die kinders skakel in op die ouderdomsverwante leerstasie d.m.v ‘n wagwoord.

Ons program is saamgestel om gebalanseerde, ouderdomsverwante ontwikkeling aan te moedig. Die sessies fokus deurentyd op een, of ‘n kombinasie, van die volgende leerareas:

 

  1. Kognitiewe ontwikkeling
  2. Visueel-perseptuele ontwikkeling
  3. Fyn en groot motoriese ontwikkeling
  4. Taal- en spraakontwikkeling
  5. Sosiale- en emosionele ontwikkeling
  6. Kreatiwiteit
  7. Ouditiewe ontwikkeling

wat ons dryf

NetKids Se Doelwitte:

• Bemagtig ouers op ‘n maklike, bekostigbare wyse, sodat hulle kinders deurlopend aan ouderdomsverwante stimulasie bloot gestel word.

• Bied, veral onder omstandighede, aan ouers gemoedsrus en meer tyd vir ander take.

• Bied aan kinders prettige, interaktiewe, kreatiewe leergeleenthede waarna hulle elke dag kan uitsien.

• Maak ‘n merkwaardige bydrae tot kinders se opvoeding in ‘n kritiese tydperk van hulle lewens.

• Verseker sover moontlik dat kinders ouderdomsverwante mylpale bereik, en voorberei word vir watter akademiese paadjie ookal vir die kind voorlê.

Ons Skool

Platform & Veiligheidsmaatreëls

NetKids maak gebruik van ‘n wêreldklas platform, met elke moontlik veiligheidsmaatreël in plek. Die aanlynklasse is geslote vir buitestaanders, en toeganklik deur middel van ‘n skakel en ‘n wagwoord wat daagliks aan ouers deurgegee word. Jou kind/ers se aanlynveiligheid is vir ons ‘n onvoorwaardelike prioriteit.

Wat as ek meer as een kind wil inskryf?

Elke ouderdomsgroep se sessie word in ‘n unieke tydgleuf aangebied. Indien jy dus twee kinders van dieselfde ouderdom het, sal hulle dieselfde aanlyn les kyk, en betaal jy dus net vir een. Indien jy ‘n kind van 3 jaar, en ‘n kind van 5 jaar het, sal jy moet inteken vir elke ouderdomsgroep se verwante tydgleuf, en betaal jy vir twee subskripsies.

Wat is die kostes aan NetKids verbonde?
Daar is tans drie opsies:
 
Opsie 1: Teken vir slegs een maand in. Kostes beloop R350, en sluit ‘n R50 adminfooi in.
 
Opsie 2: Teken vir 6 maande, en betaal per maand d.m.v. ‘n aftrekorder. Kostes beloop R300 per maand, en ‘n addisionele R50 adminfooi vir die eerste maand. Kanselleer enige tyd.
 
Opsie 3: Teken in vir 6 maande en betaal die volle bedrag vooruit. Kostes beloop R1650 en sluit ‘n R50 adminfooi in. Jy spaar dus R200.
Wat is die tydgleuwe vir elke ouderdomsgroep?
Die aanlyn sessies vir elke ouderdomsgroep vind elke weeksdag (Maandag tot Vrydag) op die volgende tye plaas:
• 3-4 Jariges: 10:00 tot 10:30
• 5-6 Jariges: 11:00 tot 11:30
• Gesamentlike herhaling vir alle ouderdomme: 15:00
Wat as my kind nie die aanlynsessie in die gegewe tydgleuf kan bywoon nie?

Ons doen om 15:00 elke dag ‘n gesamentlike herhaling van die oggend se sessies. Ons verskaf ook met liefde op aanvraag vir jou ‘n skakel na die sessie se opname, en jou kind kan dit op ‘n gerieflike tyd besigtig.

Hoe skryf ek my kind in vir die program?

Gaan na die TEKEN IN-bladsy, en volg die instruksies.

Hoe weet ek watter toebehore my kind vir elke sessie nodig gaan hê?

Ouers ontvang elke Vrydag die lesplan vir die komende week. Daarmee saam sal die bykomstighede (bv. gom, skêrtjie, kryte, ens.) vir elke sessie genoem word.

i

Blog

Nuus & Artikels

Hier deel ons gereeld nuus oor kinderontwikkeling, professionele raad, en interessante aktiwiteite wat ouers en kinders saam kan doen.

Lekker Vadersdag-idee’s (PDF)

Hier is drie oulike idee’s wat die jonger kinders (met ‘n klein bietjie hulp) hierdie Vadersdag vir Pappa kan maak. Die idee’s is vinnig en maklik uitvoerbaar, en gaan daardie Pappa se hart sommer WARM maak!

Wilde Diere – Gratis Aktiwiteite PDF

Hier is ‘n oulike aktiwiteit wat jy gerus vir jou 3 tot 5-jariges kan uitdruk. Hulle beïndruk jou dalk net met hulle kennis oor waar verskillende tipes diere se natuurlike habitat is.

Beste Tuisgemaakte Klei

Vanuit ervaring kan ons sê dat min winkelrak-kleiprodukte heeltemal so lekker speel (of so lank hou) soos ‘n goeie tuisgemaakte een. Met dit in gedagte deel ons graag ‘n wenresep wat gereeld hier by ons gemeng word, in elke kleur wat ons kinders se harte begeer.

Dae Per Week

Ontwikkelings areas

Platvorm

Persent Toewyding

Kom Ons Gesels

Ligging: George, Wes-Kaap, Suid-Afrika

Bel: +27 79 496 8496

E-pos: info@netkids.co.za 

 

Privaatheidsbeleid

Ons sal nooit enige inligting wat met ons gedeel word, gebruik vir enige iets anders as die doel waarmee dit met ons gedeel word nie. Ons sal geen inligting aan derdepartye bekend maak nie, en sal nooit jou inligting verkoop nie. Hierdie webwerf word beskerm deur 'n SSL-sertifikaat.